Mobirise Web Site Creator

Tuisblad

‘n Hartlike welkom by CP Naskool Akademie

CP Naskool Akademie is ideaal geleë binne stap-afstand vanaf Laerskool Constantiapark. Ons bied ‘n vriendelike kindergesentreerde omgewing met streng dissipline en ordelikheid. Daar is tyd vir skoolwerk, aktiwiteite, sport en om net kind te kan wees en te speel. Ons doelwit is om elke kind veilig, beskermd en geliefd te laat voel tydens hulle bywoning van ons fasiliteite en dat die ervaring by CP Naskool Akademie sal meewerk om die fondasie te lê vir ‘n positiewe skoolloopbaan. By ons is elke kind spesiaal.