NASKOOL URE:
              - Die naskoolsentrum open       12:30 en sluit 17:30. 
 
              - Indien die ouer versuim om die kind by die naskool af te haal voor 17:30 op enige dag sal daar ‘n boete ten bedrae van R50 per kwartier of gedeelte daarvan gehef word en sal onmiddelik betaalbaar wees. Indien u ‘n krisis het, kontak ons asseblief vroegtydig. Ons verstaan dat daar soms ‘n uitsondering op die reël is. 
 
              - Leerders sal stiptelik na skool by die skolierehekkie, reg agter die padpatrollie kruising in Lilkenstraat afgehaal word. Daar word van elke kind verwag om ordelik te wag en sy samewerking te gee as daar presensie geneem word. Kinders mag onder geen omstandighede eers na skool snoepie toe gaan nie. Hulle moet so gou as moontlik na die afhaalpunt gaan.
 
            
              
VAKANSIES
                - Die naskool sal vanaf 07:15       oop wees tydens vakansies en sal 17:30 sluit.
 
                - Broodjies/Versnapperings sal       10:30 en 15:30 verskaf word en middagete soos per gewone skooldae.
 
                - Die naskool sal gesluit wees       op publieke vakansiedae en ook op die ekstra dae wat gewoonlik val oor ’n       langnaweek waarop die skole sluit, sowel as Paasfees.
 
                - Die skool sal elke Desember       op die tweede Vrydag van Desember sluit.
 
                - U sal in kennis gestel word       as die skool op enige ander dag gesluit sal wees.
 
              
              
NASKOOL FOOIE:
                - ‘n Inskrywingsfooi van R200       per kind sal gehef word om u kind se plek by CP Naskool Akademie te       verseker.
 
                - Die naskoolfooie vir 2021 beloop       R1500 per kind per maand oor 12 maande ongeag siekte en vakansiedae. Die       bedrag sluit vakansies in en word jaarliks hersien en geld dus nie vir die       komende jaar nie.
 
                - Januarie 2021 se fooie is voor of op 5       Januarie 2021 betaalbaar.
 
                - Maandelikse naskool fooie is       streng vooruit betaalbaar voor of op die 4de van elke maand.  Fooie is uitstaande tot ‘n bewys van       betaling ontvang is. Geen kontant word aanvaar nie, slegs Internet       betalings en debietorders. NB: CP Naskool Akademie behou die reg       voor om toegang van ‘n leerder(s) te weier sou die naskool fooie nie       betyds betaal word nie.
 
                - Verhoging van skoolfooie       geskied elke jaar aan die begin van die nuwe jaar en sal reeds in November       met u gekommunikeer word.
 
                - Sou u nie verder van die       naskool wil gebruik maak nie, sal een maand skriftelike kennis benodig       word.
 
                - Indien u November maand       kennis gee moet u steeds Desember maand se fooie betaal.
 
                - U kan nie in Oktober maand       kennis gee om Desember maand se fooie vry te spring nie.
 
                - Rekening navrae kan per       e-pos gestuur word aan admin@cpnaskool.co.za en sal binne 48 uur       beantwoord word.
 
              
          
BANKBESONDERHEDE:
CP Naskool Akademie
ABSA
Takkode: 632005
Tjekrekening: 409 064 2296
E-pos asseblief bewys van betaling na admin@cpnaskool.co.za
VERANDERINGE VAN KONTAK BESONDERHEDE:
- Alle telefoonnommers en adresveranderings moet skriftelik by die kantoor verander word.
 
ETES:
          
          
          
            - Middagete word bedien direk       na skool tot 14:00.
 
            - Versnapperings word ongeveer       15:30 bedien.
 
            - Enige voedsel allergie moet       asseblief op skrif deurgegee word.
 
            - Geen lekkernye en koeldrank       sal in die klasse toegelaat word nie.
 
            - Indien u kind nie die middag by die naskool gaan eet en/of die naskool gaan bywoon nie sal u       verwittiging waardeer word.
 
          
 
BUITEMUURSE AKTIWITEITE:
  - CP Naskool Akademie is nie       verantwoordelik vir die betaling van enige buitemuurse aktiwiteite nie.
 
  - Deelname aan buitemuurse       aktiwiteite geskied op eie risiko.
 
  - U kind sal deur ‘n verantwoordelike       persoon Laerskool Constantiapark toe geneem en weer gehaal word sou hy/sy       buitemuurse aktiwiteite daar moet bywoon.
 
  - Die naskool kan nie waarborg       dat al die huiswerk in die gegewe tyd voltooi en/of nagesien gaan wees na      buitemuurse aktiwiteite nie. Beperk asseblief u kind se       buitemuurse aktiwiteite om u kind maksimale studietyd te gun.
 
SIEKTES:
CP  Naskool Akademie beskik oor 'n goed toegeruste siekeboeg waar die leerders na  omgesien sal word. U sal telefonies gekontak word indien u kind siek word by  die naskool. Stel ons asseblief so vinnig as moontlik in kennis as u kind ‘n  aansteeklike siekte het.
MEDIKASIE:
 
Alle medikasie  moet duidelik gemerk wees en vergesel word met ‘n nota en u handtekening wat as  toestemming sal dien vir die toediening van medikasie. Indien u kind ly aan ‘n  chroniese siekte of allergie moet die skool ingelig word.
TELEFOONOPROEPE:
Beperk asseblief u oproepe tydens studietyd.
Dankie vir u samewerking.